dinsdag 15 februari 2005

Uit het nieuws

Na de aardbeving van 1755, die Lissabon danig verwoestte, concludeerde Voltaire dat we niet in de ‘best mogelijke aller werelden’ leven – hetgeen min of meer neerkwam op een desavouering van God of een goddelijke instantie die, gezien de menselijke neiging om dergelijke instantie in het leven te roepen, er toch minstens voor zou moeten zorgen dat dergelijke calamiteiten niet zouden plaatsgrijpen. Vandaag wordt dit denkbeeld verder ontwikkeld door een groep Oostenrijkse en Duitse toeristen die, in deze wereld die, door God verlaten, duidelijk niet ‘de beste mogelijke aller’ is, de regering van Thailand en een aantal meteorologische diensten aansprakelijk stellen voor de ‘tsunami’ en dus ook voor de rechtbank dagen. Tja. Wie a zegt moet b zeggen. Iemand of iets moet toch verantwoordelijk zijn, nietwaar?

Op http://www.news24.com/Beeld/Plus/0,,3-175_1657732,00.html staat een mooie in het Zuid-Afrikaans gestelde tekst over de desbetreffende passage in Voltaires Candide:
Voltaire ondersoek in Candide die manier waarop mense sin probeer maak van lyding en rampe. Die soort vrae wat in Voltaire se tyd oor die Lissabon-aardbewing gestel is, is dieselfde as wat gevolg het op die onlangse tsoenami-ramp.
Enersyds is daar diegene wat meen dat God of Allah die groot golf gestuur het om mense te straf vir hulle sonde, of dat dit God of Allah se manier is om die wêreldbevolking in bedwang te hou, of om sy mag te toon.
Uit 'n ander hoek word gemeen dat geen godheid iets met die ramp te doen het nie, dat dit immers bloot die gevolg is van die manier waarop die aarde inmekaarsteek, dat plate in die aardkors weens spanning wat opbou uiteindelik skuif en dat die vloedgolf volg op só 'n tektoniese aardbewing.
In Voltaire se tyd het Leibniz byvoorbeeld probeer om die twee argumente te versoen deur aan te voer dat daar 'n volkome harmonie is tussen die natuurgebeure (van oorsaak en gevolg) en God se wil.
Wanneer Candide en Pangloss die verwoeste Lissabon ervaar, hou Pangloss vol dat die aardbewing die gevolg van sekere oorsake is en dat die ramp 'n noodsaaklike bestanddeel in "die beste van alle moontlike wêrelde" is, dat ook hierdie lewensverlies "goed" is.
Pangloss s argument steun op Leibniz se opvatting dat elke gebeurtenis enersyds die gevolg is van 'n onafwendbare reeks gebeurtenisse, dat alles in 'n oorsaak-gevolg-verhouding staan. En dat daar andersyds 'n goddelike doel op 'n metafisiese vlak vir die gebeurtenisse is.
Hierdie opvatting rus op die idee dat daar 'n volmaakte harmonie bestaan tussen die "fisiese koninkryk van die natuur" en die "morele koninkryk van goddelike genade". Dié soort beskouing word in Candide gesatiriseer deurdat Pangloss die argument tot die uiterste voer en aflei dat die lewensverlies en lyding "goed" is.
In die verhaal word hierdie idee dat alles volmaak saamval met God se plan spottend ondersoek deur al die vreeslike lotgevalle van mense te beskryf.


http://home.hetnet.nl/~reijhamer/Een%20boze%20god.htm bevat een mooie afbeelding, alsook een uittreksel uit Poème sur le Désastre de Lisbonne van Voltaire:

Mais comment concevoir un Dieu, la bonté même,
Qui prodigua ses biens à ses enfants qu'il aime,
Et qui versa sur eux les maux à pleines mains?